1 Samuel 26:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Saul het Dawid se stem geken en gesê: Is dit jou stem, my seun Dawid? Toe sê Dawid: Dit is my stem, my heer, o koning! |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Saul het Dawid se stem herken en roep toe: “Is dit jy, my seun Dawid?” Dawid antwoord hom: “Ja, my heer die koning. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe herken Saul die stem van Dawid en vra: Is dit jou stem daar, my seun Dawid? En Dawid sê: My stem, my heer die koning! |
| Afrikaans 1983 | Saul het Dawid se stem herken en gesê: “Is dit jy wat praat, my seun, Dawid?” Dawid het gesê: “Dit is, U Majesteit!” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Saul het Dawid se stem herken en gesê: “Is dit jou stem, my seun Dawid?” Waarop Dawid toe antwoord: “Dit is my stem, my heer die koning.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Saul het gehoor dit is Dawid wat praat, en hy het gevra: “Is dit jý wat praat, my seun Dawid?” En Dawid het gesê: “Ja, Meneer die koning, dit is ek wat praat. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Saul het Dawid se stem herken en gevra: “Is dit jóú stem wat ek hoor, Dawid, my kind?” Dawid het geantwoord: “Ja, U Majesteit, dis mý stem!” |