1 Samuel 26:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Dawid vir Abner: Is jy nie 'n dapper man nie? en wie is soos jy in Israel? waarom het jy dan nie jou heer die koning bewaar nie? want daar het een van die volk ingekom om die koning, u heer, te vernietig.
Afrikaans (NLV) 2011 “Abner, jy is mos ’n gesiene man, of hoe?” spot Dawid. “Daar is niemand in Israel soos jy nie! Nou hoekom het jy nie jou heer die koning bewaak toe iemand gekom het om hom dood te maak nie?
Afrikaans 1933/1953 En Dawid vra vir Abner: Jy is tog 'n man, en wie is soos jy in Israel? Waarom het jy dan nie by jou heer die koning wag gehou nie? Want een uit die volk het ingekom om die koning, jou heer, om te bring.
Afrikaans 1983 Toe sê Dawid vir Abner: “Is jy nie 'n man nie? Wie is soos jy in Israel? Waarom het jy nie wag gestaan by jou koning nie? Daar het een van die volk gekom om die koning dood te maak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dawid sê toe vir Abner: “Is jy nie 'n man nie? En wie is jou gelyke in Israel? Waarom het jy dan nie jou heer, die koning, opgepas nie? Want een van die manskappe het ingekom om die koning, jou heer, uit te wis.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe sê Dawid vir Abner: “Ek het gedink jy is 'n dapper man, niemand in die land Israel is soos jy nie. Maar hoekom het jy nie jou koning opgepas nie? Iemand het in die kamp gekom, hy kon jou koning doodgemaak het as hy wou.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dawid antwoord hom: “Jy’s mos die beste man in die hele Israel? Hoekom het jy dan nie jou leier, die koning, opgepas nie? Daar het ’n manskap in die kamp ingekom om jou leier, die koning, dood te maak!