1 Samuel 26:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dawid het die volk en Abner, die seun van Ner, aangeroep en gesê: Antwoord jy nie, Abner? Toe antwoord Abner en sê: Wie is jy wat na die koning roep?
Afrikaans (NLV) 2011 Daarvandaan roep hy na die manskappe en vir Abner: “Word wakker, Abner! Hoe antwoord jy dan nie!” “Wie is dit wat na die koning roep?” vra Abner.
Afrikaans 1933/1953 en Dawid het geroep na die manskappe en na Abner, die seun van Ner, en gevra: Antwoord jy nie, Abner? Toe antwoord Abner en sê: Wie is jy wat na die koning roep?
Afrikaans 1983 Dawid het na die manskappe van Saul en na Abner seun van Ner geroep: “Abner, antwoord jy dan nie?” En Abner het geantwoord: “Wie is jy wat na die koning roep?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dawid roep toe na die manskappe en na Abner, seun van Ner: “Antwoord jy dan nie, Abner?” Waarop Abner toe antwoord: “Wie is jy wat op die koning skreeu?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dawid het vir Saul se manne en vir Abner seun van Ner geskree: “Abner, kan julle my hoor?” Abner het geantwoord en gevra: “Wie is jy? Hoekom roep jy die koning?”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe roep hy na die manskappe en na Abner, Ner se seun: “Abner! Antwoord jy dan nie ’n mens nie?” Abner skree toe terug: “Wie’s jy wat so vir die koning staan en skree?”