1 Samuel 26:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dawid het toe die spies en die waterkruis uit Saul se skut geneem; en hulle het hulle weggetrek, en niemand het dit gesien of geweet of wakker geword nie; want hulle het almal aan die slaap geraak; want 'n diepe slaap van die HERE het op hulle geval.
Afrikaans (NLV) 2011 Dawid neem toe die spies en die waterkruik wat by sy kop gestaan het. Hy en Abisai is daar weg sonder dat iemand hulle gesien het of wakker geword het, want die Here het Saul en sy manskappe baie vas laat slaap.
Afrikaans 1933/1953 Toe neem Dawid die spies en die waterkruik van Saul se koppenent weg, en hulle het heengegaan sonder dat iemand dit sien of merk of wakker word; want hulle was almal aan die slaap, omdat 'n diepe slaap van die HERE op hulle geval het.
Afrikaans 1983 Dawid het die spies en die waterkruik by Saul se koppenent gevat en weggegaan sonder dat iemand iets gesien of gehoor het of wakker geword het, want almal het geslaap. Die Here het hulle vas laat slaap.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dawid het die vegspies en die waterkruik by Saul se kop gevat, en hulle het padgegee. Niemand het iets gesien of iets agtergekom of wakker geword nie; maar almal van hulle was aan die slaap, omdat 'n diep slaap, beskik deur die Here, hulle oorval het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dawid het die spies en die waterkruik by Saul se kop geneem, en hulle het geloop. Niemand het dit gesien of iets gehoor en wakker geword nie. Almal het geslaap, die Here het hulle baie vas laat slaap.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dawid het die spies en die waterkruik wat by Saul se kop was, gevat en toe het hulle twee padgegee. Niemand het hulle gesien of eers geweet dat hulle daar was nie. Die manskappe was vas aan die slaap; nie een het wakker geword nie, want die Here het elkeen van hulle soos ’n klip laat slaap.