1 Samuel 26:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die HERE het my verbied dat ek my hand teen die gesalfde van die HERE sou uitsteek; maar neem tog die spies wat by sy skut is en die waterkruis, en laat ons gaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar mag die Here my daarvan bewaar dat ek sy gesalfde sou doodmaak. Kom ons vat nou die spies by sy koppenent en die waterkruik, dan gaan ons terug!” |
| Afrikaans 1933/1953 | Mag die HERE my bewaar dat ek my hand aan die gesalfde van die HERE sou slaan! Maar neem nou tog die spies wat aan sy koppenent is, en die waterkruik, en laat ons weggaan. |
| Afrikaans 1983 | Mag die Here my verhinder dat ek my hand oplig teen die gesalfde van die Here. Vat net die spies by sy koppenent en die waterkruik en laat ons hier wegkom.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Mag die Here my daarvan weerhou dat ek ooit my hand teen die gesalfde van die Here lig! Maar vat nou die vegspies wat by sy kop is en die waterkruik, en laat ons padgee.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Nee, ek sal nie iets doen teen die gesalfde van die Here nie. Maar kom ons neem die spies wat by sy kop staan en die waterkruik en dan loop ons.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here bewaar my daarvan dat ek my hand teen sy gesalfde oplig. Kom ons vat liewer sy spies daar by sy kop en sy waterkruik, dan maak ons dat ons wegkom.” |