1 Samuel 26:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dawid het verder gesê: So waar as die HERE leef, die HERE sal hom slaan; of sy dag kom om te sterwe; of hy sal in die geveg neerdaal en omkom.
Afrikaans (NLV) 2011 So seker as die Here leef, een of ander tyd sal die Here Saul tref: Óf sy tyd sal aanbreek dat hy sterf, óf hy sal in die geveg sterf.
Afrikaans 1933/1953 Verder sê Dawid: So waar as die HERE leef, sekerlik sal die HERE hom slaan, •f sy dag sal kom dat hy sterwe, •f hy sal aftrek in die geveg en omkom!
Afrikaans 1983 Dawid het ook gesê: “So seker as die Here leef, die Here sal hom met 'n vroeë dood tref, of sy tyd sal aanbreek en hy sal sterwe, of hy sal gaan oorlog maak en hy sal omkom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Verder sê Dawid: “So waar as die Here leef, die Here sal hom tref; óf sy dag sal kom en hy sal gewoon sterf, óf hy sal aftrek in die oorlog en weggevee word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek weet, so seker soos die Here lewe, die Here sal Saul laat sterf, of Saul sal sterf wanneer dit sy tyd is, of hy sal oorlog toe gaan en sterf.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) So waar as die Here leef, die Here self sal Saul laat doodgaan: wanneer sy tyd kom, sal hy ’n natuurlike dood sterf, of hy sal in ’n geveg omkom.