1 Samuel 25:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe Dawid se jongmanne kom, het hulle met Nabal gespreek volgens al daardie woorde in die naam van Dawid, en hulle het opgehou.
Afrikaans (NLV) 2011 Dawid se jong manne het hierdie boodskap net so aan Nabal oorgedra en op sy antwoord gewag.
Afrikaans 1933/1953 Toe het die jongmanne van Dawid gekom en met Nabal in naam van Dawid volgens al hierdie woorde gespreek en verder afgewag.
Afrikaans 1983 Die jong manne van Dawid het gekom en Dawid se hele boodskap aan Nabal oorgedra en gewag.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die jong manne van Dawid het daar aangekom, aan Nabal al hierdie woorde namens Dawid oorgedra, en toe gewag.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dawid se manne het vir Nabal alles gaan sê wat Dawid vir hulle gesê het en hulle het gewag.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die jong manne het gegaan en namens Dawid alles presies net so vir Nabal gesê en vir sy antwoord gewag.