1 Samuel 25:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Vra jou jongmanne, en hulle sal jou wys. Daarom, laat die jongmanne guns in u oë vind, want ons kom op 'n goeie dag; gee tog alles wat in u hand kom aan u dienaars en aan u seun Dawid.
Afrikaans (NLV) 2011 Vra maar jou wagters uit, en hulle sal dit as die waarheid bevestig. Daarom, wees asseblief vriendelik teenoor my mense. Kyk! Ons het juis tydens die feesvierings gekom. Gee ons asseblief enigiets wat jy beskikbaar het vir ons en jou vriend Dawid.’”
Afrikaans 1933/1953 Vra u dienaars, en hulle sal u dit te kenne gee; laat dus die jongmanne guns vind in u oë, want ons het op 'n vrolike dag gekom; gee tog wat u byderhand het aan u dienaars en aan u seun Dawid.
Afrikaans 1983 Vra maar u veewagters sodat hulle dit kan vertel. Wees dan tog my mense goedgesind. Ons het op die regte tyd gekom. Gee asseblief wat u kan afstaan aan u seun Dawid en sy manne.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Vra maar vir u jong manne en hulle sal dit vir u bevestig. Laat my jong manne dan nou guns vind in u oë, want dit is 'n goeie dag waarop ons gekom het. Gee dan asseblief wat u byderhand het vir u dienaars en vir u seun, vir Dawid.’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy kan jou manne vra, hulle sal vir jou sê dit is waar. Jy moet asseblief vriendelik wees met my manne, want vandag is 'n feesdag. Gee asseblief vir hulle en vir my, Dawid, ook van die kos wat jy het.’ ”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) ***