1 Samuel 25:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En so moet julle vir hom wat in voorspoed lewe sê: Vrede vir jou en vrede vir jou huis en vrede vir alles wat jy het.
Afrikaans (NLV) 2011 Sê dan vir hom: ‘Mag jy lank in vrede lewe! Voorspoed ook vir jou familie en alles wat aan jou behoort!
Afrikaans 1933/1953 en so moet julle aan die welvarende sê: Mag dit goed gaan met u sowel as met u huis, en goed gaan met alles wat u besit.
Afrikaans 1983 En sê vir hom: Gesondheid en voorspoed vir u en u familie en alles wat u besit!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en sê dan so, ‘Voorspoed! Vrede vir u! Vrede vir u huis en vir alles wat aan u behoort!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet vir hom sê ek sê: ‘Ek bid dat jy gesond sal bly en dat dit goed sal gaan met jou, en ook met jou huisgesin en met alles wat jy het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Sê vir hom ek wens hom alle voorspoed toe: vir hom, vir sy familie en vir sy boerdery.