1 Samuel 25:44 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar Saul het sy dogter Mikal, Dawid se vrou, gegee aan Phalti, die seun van Lais, wat uit Gallim was. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Intussen het Saul sy dogter Mikal, wat reeds Dawid se vrou was, vir ’n man met die naam Palti gegee. Hy was die seun van Lajis uit Gallim. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar Saul het sy dogter Migal, die vrou van Dawid, gegee aan Palti, die seun van Lais, wat uit Gallim was. |
| Afrikaans 1983 | Saul het sy dogter Mikal, die vrou van Dawid, aan Palti die seun van Lajis uit Gallim gegee. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar Saul het Migal, sy dogter, die vrou van Dawid, vir Palti, seun van Lajis, wat uit Gallim was, gegee. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dawid was ook getroud met Saul se dogter Mikal, maar Saul het Mikal vir Palti gegee. Palti was die seun van Lajis van die stad Gallim. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Saul het sy dogter, Mikal, Dawid se eerste vrou, met Palti laat trou. Palti, wat van Gallim af gekom het, was Lajis se seun. |