1 Samuel 25:42 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Abígail het gou gemaak en opgestaan en op 'n esel gery, met haar vyf meisies wat agter haar aan gegaan het; en sy het agter die boodskappers van Dawid aan gegaan en sy vrou geword.
Afrikaans (NLV) 2011 Abigajil het toe gou klaargemaak en saam met Dawid se boodskappers gegaan. Sy het op ’n donkie gery terwyl vyf van haar diensmeisies saamgegaan het. So het sy Dawid se vrou geword.
Afrikaans 1933/1953 Ab¡gail maak toe gou klaar, en sy het op die esel gery met haar vyf diensmeisies wat op haar voetspoor volg, en agter die boodskappers van Dawid aangegaan. En sy het sy vrou geword.
Afrikaans 1983 Abigajil het toe gou klaargemaak en op 'n donkie gery terwyl haar vyf slavinne te voet gevolg het. Sy het die boodskappers van Dawid gevolg en sy vrou geword.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Abigajil het toe gou gereedgemaak en op 'n donkie vertrek met haar vyf diensmeisies wat haar volg. Sy het die boodskappers van Dawid gevolg en sy vrou geword.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Abigajil het gou gereedgemaak en sy het op 'n donkie geklim. Haar vyf slavinne het saam met haar geloop. Sy het saam met die boodskappers van Dawid gegaan, en sy het met Dawid getrou.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Abigajil het gou gereedgemaak en op ’n donkie geklim. Haar vyf diensmeisies was by haar. Sy het saam met Dawid se mense gegaan en met hom getrou.