1 Samuel 25:41 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En sy het opgestaan en met haar aangesig na die aarde gebuig en gesê: Kyk, laat u dienares 'n dienskneg wees om die voete van die dienaars van my heer te was.
Afrikaans (NLV) 2011 Sy het opgestaan, laag na die grond toe gebuig en geantwoord: “Ja, ek is selfs bereid om ’n slavin te wees wat Dawid se manskappe versorg!”
Afrikaans 1933/1953 En sy het opgestaan en met haar aangesig na die aarde gebuig en gesê: Hier is u dienares as slavin om die voete van my heer se dienaars te was.
Afrikaans 1983 Sy het opgestaan en gebuig en gesê: “Ag nee, ek wil net 'n slavin wees om die voete van Meneer se manne te was.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Sy het opgestaan en diep neergebuig met haar gesig teen die grond en gesê: “Hier is u dienares om as slavin die voete van my heer se dienaars te was.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Sy het opgestaan en laag gebuig. Sy het gesê: “Hier is ek, ek sal Dawid se slavin wees en ek sal sy manne se voete was.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Sy het opgestaan en met haar gesig teen die grond gebuig en gesê: “Ek is bereid om sy slavin te wees en vir hom slawewerk te doen.”