1 Samuel 25:40 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe die dienaars van Dawid by Abígail in Karmel aankom, het hulle met haar gespreek en gesê: Dawid het ons na jou gestuur om jou vir hom as vrou te neem. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die boodskappers het by Karmel aangekom en vir Abigajil gesê: “Dawid het ons gestuur om te vra of jy met hom sal trou.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe het die dienaars van Dawid by Ab¡gail gekom in Karmel en met haar gespreek en gesê: Dawid stuur ons na u om u vir hom as vrou te neem. |
| Afrikaans 1983 | Die manne van Dawid het by Abigajil die Karmeliet gekom en vir haar gesê: “Dawid het ons na u toe gestuur om u as vrou vir hom te neem.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dawid se dienaars het by Abigajil in Karmel gekom en vir haar gesê: “Dawid het ons na u gestuur om u vir hom as vrou te neem.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die manne van Dawid het by Abigajil in Karmel gekom en hulle het vir haar gesê: “Dawid het ons na jou toe gestuur. Ons moet vir jou vra om met hom te trou.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle het by haar in Karmel aangekom en vir haar gesê: “Dawid het ons na jou gestuur omdat hy met jou wil trou.” |