1 Samuel 25:39 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe Dawid hoor dat Nabal dood was, sê hy: Geloofd sy die HERE wat die saak van my smaad bepleit het uit die hand van Nabal en sy dienaar van die kwaad bewaar het; want die HERE het die boosheid van Nabal op sy eie kop. En Dawid het gestuur en met Abígail gespreek om haar vir hom as vrou te neem.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe Dawid van Nabal se dood hoor, sê hy: “Prys die Here wat Nabal vergeld het vir die onreg teenoor my en my verhinder het om dit self te doen. Nabal het hierdie straf oor homself gebring.” Daarna het Dawid boodskappers na Abigajil toe gestuur en gevra dat sy met hom moes trou.
Afrikaans 1933/1953 Toe Dawid hoor dat Nabal dood was, sê hy: Geseënd is die HERE wat die regsaak, in die smaad my aangedoen, teen Nabal verdedig het en sy kneg teruggehou het van die kwaad, terwyl die HERE die kwaad van Nabal op sy eie hoof laat neerkom het. En Dawid het by Ab¡gail aansoek laat doen om haar vir hom as vrou te neem.
Afrikaans 1983 Toe Dawid hoor dat Nabal dood is, het hy gesê: “Geloof sy die Here wat my regsaak behartig het oor die onreg wat Nabal my aangedoen het, en my van kwaad weerhou het. Die Here het Nabal se kwaad op sy eie kop laat afkom.” Daarna het Dawid gestuur en met Abigajil laat praat om haar as vrou vir hom te neem.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe Dawid hoor dat Nabal dood is, het hy gesê: “Die Here moet geprys word, Hy wat die regstryd oor my bespotting deur Nabal gevoer het en sy dienskneg weerhou het van kwaad. Die kwaad van Nabal het die Here op sy eie kop laat neerkom.” Dawid het toe boodskappers gestuur om met Abigajil te praat om haar vir hom as vrou te neem.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe Dawid hoor dat Nabal dood is, het hy gesê: “Ek prys die Here wat vir Nabal gestraf het omdat hy my beledig het. Die Here het my gekeer, ek het nie 'n slegte ding gedoen nie, en Hy het vir Nabal gestraf omdat hy 'n slegte ding gedoen het.” Dawid het mense gestuur om vir Abigajil te vra om met hom te trou.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe Dawid hoor Nabal is dood, het hy gesê: “Die Here moet geprys word, want Hy het my saak teen Nabal behartig toe dié my verneder het. Die Here het my, sy dienaar, gekeer dat ek nie ’n lelike ding aanvang nie. Die Here het Nabal sy verdiende loon gegee.” Dawid het mense na Abigajil toe gestuur om te hoor of sy met hom sal trou.