1 Samuel 25:37 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar in die môre, toe die wyn uit Nabal opgegaan het en sy vrou dit aan hom gesê het, het sy hart in hom gesterf, en hy het soos 'n klip geword. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Eers die volgende oggend toe hy nugter was, het sy hom vertel wat gebeur het. Toe hy dit hoor, het hy ’n hartaanval gekry sodat hy verlam was. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar die môre vroeg toe die wyn Nabal verlaat het, deel sy vrou hom die dinge mee. Daarop het sy hart in sy binneste gesterwe en was hy soos 'n klip. |
| Afrikaans 1983 | Die oggend het Nabal nugter geword, en toe sy vrou hom al hierdie dinge vertel, het hy 'n beroerteaanval gekry en is hy heeltemal verlam. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die volgende oggend, toe die wyn uit Nabal se lyf was, en sy vrou hom alles vertel, het sy hart in sy binneste gesterf, en hy het soos 'n klip geword. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die volgende oggend toe Nabal nie meer dronk was nie, het sy vrou vir hom vertel wat gebeur het. Nabal het 'n hartaanval gekry, sy hart het soos klip geword. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die volgende môre, na hy sy roes afgeslaap het, het sy hom vertel wat gebeur het. Hy het ’n aanval gekry en was in ’n koma. |