1 Samuel 25:36 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Abigail het by Nabal gekom; en kyk, hy het in sy huis 'n fees gehou soos die fees van 'n koning; en Nabal se hart was vrolik in hom, want hy was baie dronk; daarom het sy hom niks, minder of meer, tot die môrelig vertel nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe Abigajil by haar huis terugkom, was Nabal besig met ’n groot onthaal en het hy soos ’n koning feesgevier. Omdat hy dronk was, het sy vir hom niks gesê voor die volgende oggend nie.
Afrikaans 1933/1953 Toe Ab¡gail by Nabal kom, het hy juis 'n maaltyd in sy huis aangerig soos die maaltyd van 'n koning; en Nabal se hart was vrolik in hom, en hy was baie dronk; daarom het sy hom niks, klein of groot, meegedeel totdat dit die môre lig word nie.
Afrikaans 1983 Toe Abigajil by Nabal kom, het hy in sy huis 'n feesmaal gehad soos 'n koning. Nabal was opgeruimd en baie dronk. Voor die oggend met ligdag het sy hom hoegenaamd niks vertel nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe Abigajil by Nabal kom, is hy sowaar besig met 'n feesmaal in sy huis, 'n feesmaal soos dié van 'n koning. Nabal was in 'n gemoedelike bui en hy was baie dronk. Sy het hom toe nie 'n woord, klein of groot, daaroor vertel voor ligdag die volgende oggend nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe Abigajil by Nabal kom, was hy besig om fees te vier in sy huis. Dit was 'n fees soos die fees van 'n koning. Hy het gelukkig gevoel en hy het baie dronk geword. Abigajil het vir Nabal niks vertel nie, sy het gewag tot vroeg die volgende oggend.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe Abigajil by die huis kom, sien sy dat Nabal besig is met ’n verskriklike drinkparty. Hy was vrolik, maar smoordronk. Sy het toe maar nie ’n woord gesê voor die volgende môre nie.