1 Samuel 25:35 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dawid het toe uit haar hand geneem wat sy vir hom gebring het, en vir haar gesê: Trek in vrede op na jou huis; kyk, ek het na u stem geluister en u persoonlikheid aangeneem. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dawid aanvaar toe haar geskenke en sê vir haar: “Gaan gerus in vrede huis toe. Ek het na jou versoek geluister. Ek sal nie jou man doodmaak nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En Dawid het uit haar hand aangeneem wat sy vir hom gebring het, en vir haar gesê: Gaan op in vrede na jou huis! Kyk, ek het na jou geluister en jou in guns aangeneem. |
| Afrikaans 1983 | Daarna het Dawid die goed wat sy gebring het, aanvaar en vir haar gesê: “Wees gerus en gaan maar huis toe. Kyk, ek het jou versoek gehoor en ek staan dit toe.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dawid het toe dit wat sy vir hom gebring het, uit haar hand aanvaar en vir haar gesê: “Gaan in vrede op na jou huis. Kyk, ek het na jou geluister en ek is jou goedgesind. ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dawid het die kos geneem wat Abigajil gebring het en hy het vir haar gesê: “Gaan huis toe, jy moenie bekommerd wees nie. Ek het gehoor wat jy gesê het en ek sal doen wat jy gevra het.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dawid het die goed wat sy vir hom gebring het, aanvaar en gesê: “Jy kan maar huis toe gaan sonder om bekommerd te wees. Kyk, ek het gehoor wat jy vra, en ek sal dit vir jou doen.” |