1 Samuel 25:33 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En geseënd is u raad, en geseënd is u wat my vandag weerhou het om te kom om bloed te vergiet en om my met my eie hand te wreek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Geseënd is jy vir jou wyse optrede wat my verhinder het om bloed te vergiet en eiehandig wraak te neem. |
| Afrikaans 1933/1953 | En geseënd jou verstandigheid en geseënd jy self wat my vandag teëgehou het om in bloedskuld te geraak en my met eie hand te help. |
| Afrikaans 1983 | Mag jy geseën word vanweë jou insig en ook omdat jy my vandag verhinder het om bloed te vergiet en die reg in my eie hand te neem. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jou goeie oordeel moet geprys word, en jy moet geprys word, omdat jy my vandag daarvan weerhou het om in bloedskuld betrokke te raak en met my eie hand vir myself 'n oorwinning te behaal. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En ek prys jou wat so verstandig is. Jy het my vandag gekeer en ek het nie onskuldige mense doodgemaak en self mense gestraf nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jy is ’n baie slim vrou! Dankie dat jy vandag gekeer het dat ek eie reg gebruik en ’n bloedbad veroorsaak. |