1 Samuel 25:31 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dat dit vir jou geen droefheid of aanstoot van hart vir my heer sal wees nie, óf dat jy bloed vergiet het sonder oorsaak, óf dat my heer homself gewreek het nie; maar as die HERE aan my heer goed gehandel het, dink dan aan u dienares. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | mag hierdie saak nie ’n klad op u naam wees en onskuldige bloedvergieting en wraak op u gewete gaan lê nie. En wanneer die Here hierdie groot dinge aan u gedoen het, onthou my dan asseblief!” |
| Afrikaans 1933/1953 | dan sal daar vir u geen struikelblok en vir my heer geen gewetenswroeging wees dat u sonder oorsaak bloed vergiet het en my heer homself hulp verskaf het nie; en as die HERE goed sal doen aan my heer, moet u aan u dienares dink. |
| Afrikaans 1983 | mag hierdie voorval dan nie vir u tot kwelling en gewetenswroeging wees omdat u onskuldige bloed vergiet het deur die reg in eie hande te neem nie. En wanneer die Here aan Meneer goed gedoen het, mag u my dan in gedagte hou.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | sal hierdie saak nie daar wees as 'n hindernis vir u en as 'n struikelblok in die gedagtes van my heer nie, dat u sonder rede onskuldige bloed vergiet het en dat my heer vir homself 'n oorwinning behaal het nie. En wanneer die Here aan my heer goed doen, moet u aan u dienares dink. ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dan sal jy nie skuldig voel nie, want dan het jy nie vandag onskuldige mense doodgemaak en self mense gestraf nie. Wanneer die Here dit dan goed laat gaan met Meneer, dan moet jy my nie vergeet nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | sal hierdie ding van Nabal nie in u pad wees nie, en sal u gewete u nie pla dat u eie reg gebruik en mense onskuldig doodgemaak het nie. En as die Here vir u al die mooi dinge waar gemaak het, dink tog dan aan hierdie nederige vrou.” |