1 Samuel 25:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die naam van die man was Nabal; en die naam van sy vrou Abígail; en sy was 'n vrou met 'n goeie verstand en 'n pragtige voorkoms; en hy was uit die huis van Kaleb. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die man se naam was Nabal en sy vrou s’n Abigajil. Sy was ’n verstandige en mooi vrou. Maar Nabal, ’n Kalebiet, was rof en onbeskof in alles wat hy gedoen het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die naam van die man was Nabal, en die naam van sy vrou Ab¡gail; en die vrou het 'n goeie verstand gehad en was mooi van aansien; maar die man was grof en boosaardig, en hy was 'n Kalebiet. |
| Afrikaans 1983 | Die naam van die man was Nabal en die naam van sy vrou Abigajil. Die vrou het 'n goeie verstand gehad en sy was mooi, maar die man was 'n regte korrelkop en onbeskof. Hy was 'n Kalebiet. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die man se naam was Nabal en sy vrou se naam was Abigajil. Die vrou het 'n goeie verstand en 'n mooi voorkoms gehad; maar die man was hard en 'n boosdoener. Hy was 'n afstammeling van Kaleb. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die man se naam was Nabal, en sy vrou was Abigajil. Sy was 'n verstandige en 'n mooi vrou, maar hy was 'n hardkoppige en 'n slegte man. Hy was van die Kaleb-stam. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die man se naam was Nabal. Hy was van die Kalebstam. Sy vrou se naam was Abigajil. Sy was ’n mooi en slim vrou, maar hy was ’n hardkoppige en gemene vent. |