1 Samuel 25:29 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar 'n man het opgestaan om jou te agtervolg en jou siel te soek; maar die siel van my heer sal gebonde wees in die bondeltjie van die lewe by die HERE jou God; en die siele van u vyande sal hy uitslinger soos uit die middel van 'n slinger. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Selfs wanneer iemand u agtervolg om u dood te maak, mag u lewe dan veilig wees in die bewaring van die Here u God! Maar mag Hy die lewens van u vyande weggooi soos klippe uit ’n slingervel! |
| Afrikaans 1933/1953 | As 'n mens opstaan om u te agtervolg en u lewe te soek, mag die siel van my heer dan saamgebind wees in die bondeltjie van die lewendes by die HERE u God; maar mag Hy die siel van u vyande uit die holte van die slinger wegslinger. |
| Afrikaans 1983 | En sou daar iemand opstaan om u te agtervolg en u te probeer doodmaak, mag die lewe van Meneer dan by die Here, u God, veilig wees saam met die lewendes. Maar mag die lewe van u vyande weggeslinger word soos 'n klip uit 'n slingervel. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En wanneer mense opstaan om u te agtervolg en u lewe bedreig, mag die lewe van my heer dan toegebind wees in die sakkie van die lewendes by die Here, u God. Maar die lewens van u vyande, mag Hy dit wegslinger uit die holte van 'n slingervel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer iemand jou jaag en jou wil doodmaak, dan sal jou God die Here jou beskerm, Hy sal jou vyande weggooi soos 'n mens 'n klip weggooi met 'n slingervel. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | en as daar mense is wat u agtervolg om u te probeer doodmaak, sal die Here u God u veilig by Hom hou soos ’n herder ’n klippie veilig in sy sak bêre. Maar die lewe van u vyande sal die Here weggooi soos ’n herder ’n klip met ’n slingervel weggooi. |