1 Samuel 25:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Vergewe tog die oortreding van u dienares, want die HERE sal beslis vir my heer 'n vaste huis maak; want my heer voer die oorloë van die HERE, en daar is geen onheil in jou gevind al jou dae nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Vergewe my asseblief as ek u aanstoot gegee het. Die Here sal u sekerlik beloon met ’n bestendige koningshuis, want u veg die Here se oorloë sonder om iets verkeerd te doen.
Afrikaans 1933/1953 Vergeef tog die oortreding van u dienares, want die HERE sal sekerlik vir my heer 'n bestendige huis stig, omdat my heer die oorloë van die HERE voer en in u hele lewe in u geen kwaad gevind is nie.
Afrikaans 1983 Vergewe tog my oortreding, want die Here sal beslis vir u 'n bestendige huis besorg, omdat Meneer die oorloë van die Here voer, en mag 'n ramp u nooit tref nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Vergewe asseblief die oortreding van u dienares. “Aangesien die Here beslis vir my heer 'n bestendige huis sal vestig, omdat my heer die oorloë van die Here voer, mag onheil nie naby u kom solank u leef nie!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Vergewe my asseblief as ek iets verkeerd gedoen het. Die Here sal jou en jou familie altyd beskerm, want Meneer veg die oorloë van die Here. Jy moet niks doen wat verkeerd is nie, so lank soos jy lewe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) En vergewe asseblief die fout wat ek gemaak het. Die Here sal vir seker vir u ’n koningskap gee wat lank sal hou, want u moet die Here se oorloë veg. ’n Ramp sal u nooit tref nie;