1 Samuel 25:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En nou, hierdie seën wat u dienares aan my heer gebring het, laat dit ook gegee word aan die jongmanne wat my heer volg.
Afrikaans (NLV) 2011 “Hier is ’n geskenk wat ek vir u gebring het. U kan dit vir u manskappe gee wat saam met u is.
Afrikaans 1933/1953 En laat nou hierdie geskenk wat u dienares vir my heer gebring het, aan die jongmanne gegee word wat op my heer se voetspore rondtrek.
Afrikaans 1983 Neem tog nou hierdie blyk van goeie wense wat ek vir Meneer gebring het, en laat dit gegee word aan die manne wat altyd vir Meneer volg.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En nou, wat hierdie buitengewone geskenk betref wat u slavin vir my heer gebring het, laat dit gegee word aan die jong manne wat in my heer se voetspore volg.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En nou, ek het hierdie presente vir Meneer gebring sodat jy dit kan gee vir die manne wat jou volg.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hier is ’n geskenk wat ek vir u gebring het. Gee dit gerus vir die jong manne wat altyd by u is.