1 Samuel 25:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Nou dan, my heer, so waar as die HERE leef en u siel leef, aangesien die HERE u daarvan weerhou het om te kom om bloed te vergiet en om uself met u eie hand te wreek, laat nou u vyande en die wat kwaad soek vir my HERE, wees soos Nabal.
Afrikaans (NLV) 2011 “Maar nou, my heer, so seker as wat die Here leef en u leef, aangesien die Here u weerhou het van bloedvergieting en om self wraak te neem, mag al u vyande word soos Nabal, elkeen wat kwaad teen u beplan.
Afrikaans 1933/1953 En nou, my heer, so waar as die HERE leef en u siel leef, dit is die HERE wat u teruggehou het om in bloedskuld te geraak en u met eie hand te help; mag dan nou u vyande en die wat onheil soek teen my heer, soos Nabal word.
Afrikaans 1983 Meneer, so seker as die Here leef en so seker as wat u self leef, dit is die Here wat gekeer het dat u bloed vergiet en die reg in u eie hande neem. Mag dit met u vyande gaan soos dit met Nabal sal gaan en met almal wat u ondergang soek.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En nou, my heer, so waar as die Here leef, en u leef – die Here, wat u daarvan weerhou het om by bloedskuld betrokke te raak deur met u eie hand 'n oorwinning vir uself te behaal – mag dit nou met u vyande en met hulle wat daarop uit is om my heer kwaad aan te doen, gaan soos met Nabal.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar nou, Meneer, so seker soos die Here lewe en so seker soos jy lewe, dit is die Here wat keer sodat jy nie onskuldige mense doodmaak wanneer jy jou vyande wil straf nie. Ek bid dat dit met jou vyande sal gaan soos met Nabal. Ek bid dat dit ook so sal gaan met almal wat wil hê dat dit sleg moet gaan met Meneer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) So waar as die Here leef en so waar as wat u leef, Meneer: dis die Here wat gekeer het dat u eie reg gebruik en ’n bloedbad veroorsaak. Ek is ook seker dit sal met u vyande, met almal wat u skade wil aandoen, gaan soos dit met Nabal gaan.