1 Samuel 25:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe Abígail Dawid sien, het sy gou en die esel afgesteek en voor Dawid op haar aangesig geval en haarself na die grond gebuig. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe Abigajil vir Dawid sien, klim sy vinnig van die donkie af. Sy buig laag voor hom. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe Ab¡gail Dawid sien, het sy gou van die esel afgeklim en voor Dawid op haar aangesig neergeval en na die aarde toe gebuig. |
| Afrikaans 1983 | Toe Abigajil vir Dawid sien, het sy gou van die donkie af afgespring en vir Dawid eerbiedig gegroet. Sy het diep gebuig voor hom |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe Abigajil vir Dawid sien, het sy vinnig van die donkie afgeklim, voor Dawid neergeval en diep neergebuig met haar gesig teen die grond. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe Abigajil vir Dawid sien, het sy van die donkie afgeklim en laag voor Dawid gebuig, haar gesig was teen die grond. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe Abigajil vir Dawid sien, het sy gou van die donkie afgeklim en by Dawid se voete met haar gesig teen die grond gebuig. |