1 Samuel 25:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Dawid het gesê: Waarlik, tevergeefs het ek alles wat hierdie man in die woestyn het, bewaar, sodat niks gemis is van alles wat aan hom behoort nie, en hy het my kwaad vir goed vergeld.
Afrikaans (NLV) 2011 Dawid het so pas gedink: “Dis verniet dat ons hierdie vent se kuddes in die woestyn beskerm het sodat niks van sy besittings weggeraak het of gesteel is nie. Maar hy het my goedheid met kwaad vergeld.
Afrikaans 1933/1953 Dawid het al gedink: Net verniet het ek alles wat aan hierdie man behoort, in die woestyn beskerm, sodat daar nooit iets van sy goed vermis is nie; en hy vergeld my kwaad vir goed.
Afrikaans 1983 Dawid het juis net gedink: ek het verniet alles wat aan daardie man behoort in die woestyn opgepas, sodat daar niks van sy goed vermis is nie. Hy vergeld my kwaad vir goed.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dawid het gedink: “Ek het beslis pure verniet alles wat aan hierdie man behoort, in die woestyn opgepas, sodat daar niks van alles wat aan hom behoort, vermis geraak het nie. Hy vergeld my kwaad vir goed.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dawid het gedink: Ek het alles in die woestyn opgepas wat aan hierdie man behoort, maar dit het my niks gehelp nie. Daar het niks van hom weggeraak nie. Ek was goed vir hom, maar hy het slegte dinge gedoen aan my.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dawid het juis geloop en dink: “Ek het met ander woorde die vent se goed verniet opgepas in die woestyn. Hy het nie ’n enkele skaap verloor nie, en nou kry ek stank vir dank.