1 Samuel 25:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het Abigail gou gemaak en tweehonderd brode en twee sakke wyn en vyf gereedgemaakte skape en vyf mate gebraaide koring en honderd trosse rosyne en tweehonderd vyekoeke geneem en dit op esels gelê. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Abigajil het dadelik 200 brode bymekaargekry, en ook twee kruike wyn, vyf gaargemaakte skape, vyf houers gebraaide koring, 100 trosse rosyntjies en 200 vyekoeke. Sy het dit op donkies laat laai |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe het Ab¡gail gou twee honderd brode geneem en twee sakke wyn en vyf toebereide skape en vyf mate gebraaide koring en honderd rosynekoeke en twee honderd vyekoeke en dit op esels gesit. |
| Afrikaans 1983 | Abigajil het gou twee honderd brode, twee kruike wyn, vyf gaargemaakte skape, vyf emmer gebraaide koring, honderd trosse rosyntjies en twee honderd koeke gedroogde vye gevat en op donkies gelaai. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Abigajil het gou gemaak; sy het tweehonderd brode, twee kruike wyn, vyf voorbereide skape, vyf sea geroosterde graan, honderd blokke saamgeperste rosyne en twee honderd blokke saamgeperste droë vye geneem en dit op donkies gelaai. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Abigajil het toe gou gemaak. Sy het 200 brode geneem en twee velsakke wyn en vyf skape wat hulle klaar geslag het en vyf sea gebraaide koring en 100 koeke rosyne en 200 koeke gedroogde vye. Sy het dit op donkies gelaai |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Abigajil het gou 200 brode, twee groot erdekruike vol wyn, vyf gaar skape, vyf bakke vol gebraaide koring, 100 rosyntjiekoeke en 200 pakkies gedroogde vye op donkies laat laai. |