1 Samuel 25:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Weet dan nou en let op wat jy gaan doen; want die onheil is beslis teen ons heer en teen sy hele huisgesin, want hy is so 'n seun van Belial dat 'n man nie met hom kan praat nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Nou moet u asseblief vinnig ’n plan maak, want hy sal sekerlik ons meester en sy hele familie daaroor straf. Ons meester is so opvlieënd dat niemand eers met hom daaroor kan praat nie!” |
| Afrikaans 1933/1953 | En nou moet u self ondersoek en kyk wat u moet doen; want die onheil is vas besluit oor ons heer en oor sy hele huis; maar hy self is so 'n deugniet dat jy nie met hom kan praat nie. |
| Afrikaans 1983 | Nou kan u gerus gou kyk wat u kan doen, want daar is klaar besluit om vir Meneer en sy hele huis te straf; en hy is so 'n verkeerde man dat 'n mens nie met hom daaroor kan praat nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarom, oorweeg dit en kyk wat u kan doen, want onheil wag op ons heer en sy hele huis. En hy is te veel van 'n skobbejak dat 'n mens met hom kan praat.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En nou, jy moet dit weet en jy moet dink wat jy kan doen, want dit sal sleg gaan met ons meneer en met almal in sy huisgesin. Hy is 'n slegte man, dit help nie om met hom te praat nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | U moet nou asseblief maar kyk wat u kan doen, want Meneer en sy hele familie gaan groot teëspoed kry. En hy is so ’n nare mens dat niemand met hom daaroor kan praat nie.” |