1 Samuel 25:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar die manne was baie goed vir ons, en ons het nie seergekry nie, en ons het niks gemis solank ons met hulle in kennis was toe ons in die veld was nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Tog was Dawid se manskappe baie goed vir ons. Die hele tyd dat hulle by ons in die veld rondgetrek het, het hulle ons nooit skade berokken nie en is niks van ons gesteel nie.
Afrikaans 1933/1953 Tog was die manne vir ons baie goed; ook is ons nie beledig nie, en ons het niks vermis al die dae wat ons saam met hulle rondgetrek het toe ons in die veld was nie.
Afrikaans 1983 Tog was die manne baie goed vir ons. Solank ons saam met hulle in die veld rondgetrek het, is ons nie kwaad aangedoen nie, en het ons niks vermis nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar die manne was baie goed vir ons. Ons is nie verneder nie, en het niks vermis nie, die hele tyd wat hulle saam met ons rondgetrek het toe ons in die veld was.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar Dawid se manne was baie goed vir ons. Daardie tyd toe ons rondgetrek het en toe hulle saam met ons in die veld was, het niks weggeraak nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) En dié mense was baie goed vir ons: toe ons in die oop veld was, het niemand ons ooit lastig geval as ons naby hulle was nie. Daar is ook nooit ’n skaap gesteel nie.