1 Samuel 25:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê Dawid vir sy manne: Gord elkeen sy swaard om. En hulle het elkeen sy swaard omgord; en Dawid het ook sy swaard omgord, en agter Dawid aan opgetrek omtrent vier honderd man; en tweehonderd het by die goed gebly. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Maak vas julle swaarde!” beveel Dawid terwyl hy sy eie swaard vasbind. Ongeveer 400 man het saam met Dawid gegaan en 200 het agtergebly om hulle besittings op te pas. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe sê Dawid aan sy manne: Gord julle elkeen sy swaard aan! Hulle gord toe elkeen sy swaard aan -- Dawid het ook sy swaard aangegord -- en hulle trek agter Dawid op, omtrent vier honderd man, terwyl twee honderd by die pakgoed bly. |
| Afrikaans 1983 | Dawid het toe aan sy manne gesê: “Gord aan julle swaarde!” En elkeen het sy swaard aangegord, Dawid ook. Omtrent vier honderd man het saam met Dawid opgetrek, terwyl twee honderd by hulle goed gebly het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dawid sê toe vir sy manne: “Gord elkeen van julle sy swaard aan!” Elkeen het sy swaard aangegord, en ook Dawid het sy swaard aangegord. Ongeveer vierhonderd man het agter Dawid aan opgetrek, en tweehonderd het by die pakgoed gebly. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe sê Dawid vir sy manne: “Maak vas julle swaarde.” Almal het hulle swaarde vasgemaak, en Dawid het dit ook gedoen. Omtrent 400 manne het saam met Dawid gegaan, en 200 manne het by die goed gebly. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Kry julle swaarde, manne,” het Dawid gesê. Elkeen het sy swaard in sy lyfband gesteek; Dawid ook. Omtrent 400 manne het saam met Dawid gegaan en 200 het agtergebly om die goed op te pas. |