1 Samuel 25:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarop het die jongmanne van Dawid omgedraai en weer gegaan en gekom en hom al hierdie woorde vertel.
Afrikaans (NLV) 2011 Dawid se boodskappers het omgedraai en teruggegaan. Hulle het vir Dawid alles vertel wat Nabal gesê het.
Afrikaans 1933/1953 Daarop het die jongmanne van Dawid omgedraai op hulle pad, hulle het teruggekeer en aangekom en hom berig gebring volgens al hierdie woorde.
Afrikaans 1983 Die jong manne van Dawid het net daar in hulle spore omgedraai en teruggegaan. Hulle het alles wat Nabal gesê het, vir Dawid gaan vertel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die jong manne van Dawid het in hulle spore omgedraai. Hulle het teruggegaan en toe hulle by Dawid aankom, het hulle al hierdie woorde aan hom oorgedra.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dawid se manne het toe omgedraai en teruggekom en hulle het vir Dawid kom sê wat Nabal alles gesê het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die manne van Dawid het net daar omgedraai en teruggegaan. Toe hulle by Dawid kom, het hulle hom alles vertel.