1 Samuel 25:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Sal ek dan my brood en my water en my vleis wat ek vir my skeerders geslag het, neem en dit aan mense gee van wie ek nie weet waar hulle vandaan is nie?
Afrikaans (NLV) 2011 Moet ek my brood en water vat en die vleis wat ek vir my skeerders geslag het, en dit net so gee vir mense wat van wie weet waar af kom?”
Afrikaans 1933/1953 Sou ek dan my brood en my water en my slaggoed wat ek vir my skeerders geslag het, neem en aan manne gee van wie ek nie weet waar hulle vandaan kom nie?
Afrikaans 1983 Moet ek nou my brood en water vat en die vleis wat ek vir my skeerders geslag het, en dit vir mense gee van wie ek nie weet waar hulle vandaan is nie?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Moet ek nou my brood en my water en my slaggoed wat ek vir my skeerders geslag het, vat en dit vir manne gee van wie ek nie weet waar hulle vandaan is nie?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het my brood en my water en my vleis gereedgemaak vir die mense wat my skape skeer. Moet ek dit nou neem en vir julle gee? Ek weet nie van waar julle kom nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dink julle nou regtig ek sal my brood en water en die skape wat ek vir my skeerders geslag het, vat en dit vir mense gee wat ek van g’n kant af ken nie?”