1 Samuel 25:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Nabal het die dienaars van Dawid geantwoord en gesê: Wie is Dawid? en wie is die seun van Isai? daar is deesdae baie diensknegte wat elkeen van sy heer verbreek.
Afrikaans (NLV) 2011 “Wie is dié man Dawid nogal?” antwoord hy minagtend. “Wie dink hierdie seun van Isai is hy? Daar is deesdae baie slawe wat van hulle meesters af wegloop.
Afrikaans 1933/1953 Maar Nabal het die dienaars van Dawid geantwoord en gesê: Wie is Dawid? En wie is die seun van Isai? Daar is vandag baie dienaars wat hulle losskeur, elkeen van sy heer af.
Afrikaans 1983 Maar Nabal het die manne van Dawid geantwoord: “Wie is Dawid, wie is die seun van Isai? Daar is deesdae baie slawe wat wegloop van hulle eienaars af.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar Nabal het die dienaars van Dawid geantwoord en gesê: “Wie is Dawid? Wie is die seun van Isai? Daar is deesdae baie slawe wat dros; amper elkeen loop weg van sy baas af.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Nabal het geantwoord en hy het vir die manne van Dawid gesê: “Wie is Dawid? Wie is die seun van Isai? Daar is vandag baie slawe wat wegloop van hulle eienaars.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Nabal sê toe vir Dawid se mense: “Wie is dié Dawid? En wie is dié seun van Isai miskien? Vaderland, daar is deesdae ook so baie slawe wat van hulle base af wegloop!