1 Samuel 25:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Samuel het gesterwe; en al die Israeliete het bymekaargekom en hom beklaag en hom in sy huis by Rama begrawe. En Dawid het hom klaargemaak en afgetrek na die woestyn Paran. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Samuel is toe dood. Die hele Israel het bymekaargekom en oor hom gerou. Hulle het hom by sy huis in Rama begrawe. Dawid het na die Maonwoestyn toe getrek. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Samuel het gesterwe, en die hele Israel het saamgekom en oor hom gerouklaag en hom begrawe in sy huis in Rama. En Dawid het hom klaargemaak en afgetrek na die woestyn Paran. |
| Afrikaans 1983 | Samuel is oorlede, en die hele Israel het bymekaargekom en oor hom gerou. Hulle het hom begrawe by sy huis in Rama. Dawid het klaargemaak en na die Paranwoestyn toe getrek. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Samuel het gesterf. Die hele Israel het byeengekom en oor hom gerou. Hulle het hom by sy huis in Rama begrawe. Dawid het gereedgemaak en na die Paranwoestyn afgegaan. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe Samuel gesterf het, het al die Israeliete bymekaargekom en hulle het oor hom gerou. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Samuel is oorlede en die hele Israel het saamgekom om oor hom te huil. Hulle het hom by sy huis in Rama begrawe. Dawid het afgegaan na die Maonwoestyn. |