1 Samuel 24:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Dawid vir Saul: Waarom luister jy na die woorde van jou wat sê: Kyk, Dawid soek jou onheil?
Afrikaans (NLV) 2011 Daarna kom Dawid uit die grot en roep agter hom aan: “Meneer die koning!” Toe Saul omkyk, het Dawid gekniel en diep voor hom gebuig.
Afrikaans 1933/1953 Daarna staan Dawid ook op en gaan uit die spelonk uit en roep agter Saul aan en sê: My heer die koning! Toe Saul agter hom omkyk, buig Dawid met sy aangesig na die aarde toe en val neer.
Afrikaans 1983 Dawid het ook klaargemaak en uit die grot uitgegaan. Hy het agter Saul aan geroep: “U Majesteit, die Koning!” Toe Saul omkyk, het Dawid gekniel en diep gebuig.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarna het Dawid opgestaan en uit die grot gegaan. Hy het agter Saul aan geroep: “My heer die koning!” Toe Saul omkyk, kniel Dawid met sy gesig na die grond en buig diep neer.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dawid het daarna opgestaan en uitgegaan uit die grot en hy het vir Saul geskree: “Meneer die koning!” Toe Saul omkyk, het Dawid gekniel en laag gebuig, sy gesig was teen die grond.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) het Dawid agter hom aangegaan. Hy het na Saul geroep: “U Majesteit!” Toe Saul omkyk, gaan staan Dawid op sy knieë en buig met sy gesig teen die grond.