1 Samuel 24:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dawid het ook daarna opgestaan en uit die spelonk gegaan en Saul agterna geroep en gesê: My heer die koning! En toe Saul agter hom omkyk, het Dawid met sy aangesig na die aarde gebuk en gebuig.
Afrikaans (NLV) 2011 Dawid het sy manskappe skerp berispe en nie toegelaat dat hulle Saul aanval nie. Saul het uit die grot uitgegaan om sy agtervolging voort te sit.
Afrikaans 1933/1953 En Dawid het sy manne streng bestraf en hulle nie toegelaat om teen Saul op te staan nie. En Saul het uit die spelonk uit opgestaan en sy koers gegaan.
Afrikaans 1983 So het Dawid sy manne met sy woorde gekeer en hulle nie toegelaat om teen Saul op te tree nie. En Saul het opgestaan en sy koers gegaan uit die grot uit.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Met dié woorde het Dawid sy manne berispe en hulle nie toegelaat om teen Saul op te staan nie. Saul het opgestaan, uit die grot gegaan en koers gekry.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dawid het met sy manne gepraat en hy het hulle gekeer, hulle het nie vir Saul aangeval nie. Saul het klaargemaak en toe het hy uitgegaan uit die grot en verder gegaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dawid het baie ernstig met sy manne gepraat. Hy het hulle nie toegelaat om enigiets aan Saul te doen nie. Toe Saul opstaan en uit die grot uitgaan,