1 Samuel 24:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dawid het toe sy dienaars met hierdie woorde teruggehou en hulle nie toegelaat om teen Saul op te staan nie. Maar Saul het uit die spelonk opgestaan en verder gegaan.
Afrikaans (NLV) 2011 “Ek het verkeerd gedoen om so teen die gesalfde van die Here op te tree,” sê hy vir sy manne. “Ek mag nie my hand teen hom oplig nie, want hy is die Here se gesalfde.”
Afrikaans 1933/1953 en hy het aan sy manne gesê: Mag die HERE my bewaar dat ek so iets aan my heer, die gesalfde van die HERE, sou doen om my hand teen hom uit te steek; want hy is die gesalfde van die HERE.
Afrikaans 1983 Hy het vir die manne gesê: “Mag die Here my daarvan bewaar dat ek my hand teen my koning, die gesalfde van die Here, oplig, want hy is die gesalfde van die Here.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het vir sy manne gesê: “Mag die Here my daarvan weerhou dat ek ooit so iets doen aan my heer, die gesalfde van die Here, deur my hand teen hom uit te steek. Hy is immers die gesalfde van die Here. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het vir sy manne gesê: “Die Here moet my keer, ek wil niks verkeerd doen aan my koning nie, hy is die gesalfde van die Here. Ek wil nie iets verkeerd doen teen hom nie, want hy is die gesalfde van die Here.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy sê toe vir sy manne: “Die Here bewaar my daarvan dat ek so ver sou gaan om my hand op te lig teen my koning, die man wat die Here vir Hom gekies het. Hy is tog die Here se gesalfde!”