1 Samuel 24:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê die manne van Dawid vir hom: Kyk, die dag waarvan die HERE vir jou gesê het: Kyk, Ek gee jou vyand in jou hand, dat jy aan hom kan doen soos dit in jou goeddunke is. Toe het Dawid opgestaan en die slip van Saul se mantel in die geheim afgesny.
Afrikaans (NLV) 2011 Op pad daarheen, naby skaapkrale, sien Saul ’n grot. Hy gaan toe daar in om ’n draai te loop, onwetend dat Dawid en sy manskappe agter in dieselfde grot is.
Afrikaans 1933/1953 Toe hy kom by die skaapkrale langs die pad waar 'n spelonk was, het Saul daar ingegaan om sy voete te bedek, terwyl Dawid en sy manne agter in die spelonk sit.
Afrikaans 1983 Onderweg het Saul afgekom op skaapkrale met 'n grot daarby. Hy het daar ingegaan om homself te ontlas, terwyl Dawid en sy manne agter in die grot sit.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Op pad het hy by die veekrale aangekom, waar daar 'n grot was. Saul het daar ingegaan om sy voete te bedek. Dawid en sy manne het in die agterste deel van die grot gesit.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Saul het by skaapkrale gekom en daar was 'n grot. Hy het in die grot ingegaan om hom te ontlas. Dawid en sy manne het agter in die grot gesit.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Op pad daarheen het hulle by skaapkrale uitgekom waar daar ’n grot is. Saul het in die grot ingegaan om ’n draai te loop. Dawid en sy manne was al die tyd agter in die grot!