1 Samuel 24:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het by die skaaphokke langs die pad gekom, waar 'n grot was; en Saul het ingegaan om sy voete te bedek, en Dawid en sy manne het in die kante van die spelonk gebly.
Afrikaans (NLV) 2011 Saul kom toe met drie afdelings uitgesoekte manskappe van Israel om Dawid en sy manne by die Klipbokkrans te gaan soek.
Afrikaans 1933/1953 Daarop het Saul drie duisend uitgesoekte manne uit die hele Israel geneem en heengegaan om Dawid en sy manne te soek teenoor die Steenbokrotse.
Afrikaans 1983 Saul het drie afdelings manskappe wat uitgesoek is uit die hele Israel, gevat en gegaan om Dawid en sy manne op te spoor in die omgewing van Klipbokrotse.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Saul het drieduisend uitgesoekte manne uit die hele Israel geneem en gegaan om by Suree-Hajjeëlím na Dawid en sy manne te gaan soek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Saul het 3 000 manne uit al die Israeliete gekies en hulle het vir Dawid en sy manne gaan soek. Hulle was naby die Klipbok-rotse.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Saul het met drie afdelings van die heel beste manskappe van Israel gegaan om Dawid en sy manne by die kranse van die Klipbokrotse te gaan soek.