1 Samuel 24:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Dawid het vir Saul gesweer. En Saul het huis toe gegaan; maar Dawid en sy manne het hulle opgetrek na die bergvesting.
Afrikaans (NLV) 2011 Lê nou ’n eed af voor die Here dat wanneer dit gebeur, jy nie my familie sal uitroei en my naam sal uitwis uit my nageslag nie.”
Afrikaans 1933/1953 Sweer dan nou vir my by die HERE dat jy my geslag nmy nie sal uitroei en my naam uit my familie nie sal uitdelg nie. [ (I Samuel 24:23) Toe sweer Dawid vir Saul. En Saul het na sy huis gegaan, maar Dawid en sy manne het na die bergvesting opgetrek. ]
Afrikaans 1983 Lê dan nou in die Naam van die Here 'n eed af dat jy nie my nageslag sal uitroei nie en so in my familie aan my naam 'n einde sal maak nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Lê dan nou vir my 'n eed af by die Here dat jy nie my nageslag ná my sal uitroei en my naam onder my familie sal uitdelg nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy moet vir my belowe dat jy nie my nageslag sal doodmaak en nie my naam sal laat verdwyn uit my familie nie. Die Here moet die getuie wees.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarom moet jy my voor die Here belowe dat jy nie my nageslag sal uitroei nie en dat jy so sal sorg dat my naam onder my mense voortleef.”