1 Samuel 24:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En nou, kyk, ek weet goed dat jy sekerlik koning sal wees, en dat die koninkryk van Israel in jou hand bevestig sal word.
Afrikaans (NLV) 2011 “Wie sal toelaat dat sy vyand wegkom terwyl hy hom in sy mag het? Mag die Here jou beloon omdat jy vandag vir my goed was.
Afrikaans 1933/1953 Want as iemand sy vyand aantref, sal hy hom op 'n goeie pad laat gaan? Maar die HERE sal jou die goeie vergelde vir wat jy vandag aan my gedoen het.
Afrikaans 1983 Sal iemand sy vyand ongedeerd sy koers laat gaan as hy hom raakloop? Mag die Here jou met weldade beloon vir wat jy vandag aan my gedoen het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) As iemand sy vyand teëkom, laat hy hom ongedeerd wegkom? Die Here, Hy sal jou met die goeie beloon vir wat jy vandag aan my gedoen het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Niemand sal sy vyand vry laat weggaan wanneer hy hom kry nie, maar jy het dit met my gedoen. Ek bid dat die Here goed sal wees vir jou.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Watter ander mens sal sy vyand in die hande kry en hom dan sonder skade laat wegkom? Die Here sal aan jou goed doen vir wat jy vandag aan my gedoen het.