1 Samuel 24:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe Dawid klaar was om hierdie woorde met Saul te spreek, het Saul gesê: Is dit jou stem, my seun Dawid? En Saul het sy stem verhef en geween. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here is die regter en sal tussen ons uitspraak lewer. Hy sal my saak behartig en my uit u mag bevry!” |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar die HERE sal regter wees en oordeel tussen my en u. Ja, mag Hy toesien en my saak verdedig en aan my reg verskaf teenoor u. |
| Afrikaans 1983 | Die Here sal regter wees en Hy sal regspreek tussen ons. Hy sal sorg en my saak behartig en aan my reg verskaf teenoor u.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Mag die Here regter wees; mag Hy oordeel tussen u en my; mag Hy kennis neem en my saak verdedig; mag Hy my reg handhaaf deur my uit u hand te red. ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here sal die regter wees, Hy sal sê wie het reg gedoen, ek of jy. Hy sal sien en Hy sal vir my 'n getuie wees teen jou. Hy sal sê ek het reg gedoen.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here sal regter wees en die saak tussen ons uitmaak, want Hy sien alles raak. Hy sal my help en wys dat ek nie skuldig is nie.” |