1 Samuel 24:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die HERE wees dan regter en oordeel tussen my en jou, en kyk en verdedig my saak en red my uit u hand.
Afrikaans (NLV) 2011 Vir wie wil die koning van Israel nou eintlik vang? Wie is dit wat u agtervolg? ’n Dooie hond? Een enkele vlooi?
Afrikaans 1933/1953 Agter wie aan het die koning van Israel uitgetrek? Agter wie kom u aangejaag? Agter 'n dooie hond, agter een enkele vlooi aan!
Afrikaans 1983 Agter wie aan het die koning van Israel opgetrek? Agter wie kom u aan? Agter 'n dooie hond aan; agter een enkele vlooi aan!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Agter wie aan het die koning van Israel uitgetrek? Wie is u besig om te agtervolg? U is agter 'n dooie hond aan, agter een vlooi aan!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Nou vra ek: Hoekom het jy, die koning van Israel, vir my gevolg en gejaag? Want ek beteken niks, ek is soos 'n dooie hond, soos 'n vlooi.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Buitendien, teen wie het die koning van Israel nou eintlik uitgetrek? U is agter ’n dooie hond, agter een ou sandluisie aan!