1 Samuel 24:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Na wie het die koning van Israel uitgetrek? agter wie jaag jy aan? na 'n dooie hond, na 'n vlooi. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dis soos die spreekwoord lui: ‘Van slegte mense kom slegte dinge.’ “Ek self, egter, sal u nooit kwaad aandoen nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Soos die spreekwoord van die voorvaders sê: Uit die goddelose gaan goddeloosheid uit. Maar my hand sal nie teen u wees nie. |
| Afrikaans 1983 | Soos die spreekwoord van die voorgeslag lui: “ ‘Boosheid gaan uit van die boosdoeners,’ “maar ek sal nie teen u wees nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Soos die ou spreekwoord sê, “ ‘Uit goddeloses kom goddeloosheid voort.’ “My hand sal nie teen u wees nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die mense sê altyd: ‘Slegte mense doen slegte dinge,’ maar ek self sal niks doen teen jou nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daar is mos ’n ou spreekwoord wat sê: Net kwaaddoeners doen kwaad. Daarom sal ek nooit my hand teen u oplig nie. |