1 Samuel 24:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Soos die spreekwoord van die oudstes sê: Van die goddelose kom goddeloosheid uit, maar my hand sal nie teen jou wees nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here sal tussen ons twee oordeel. Die Here sal wraak neem oor wat u aan my doen. Ek self sal u egter nooit kwaad aandoen nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die HERE sal oordeel tussen my en u, en die HERE sal my aan u wreek; maar my hand sal teen u nie wees nie. |
| Afrikaans 1983 | Die Here sal regspreek tussen my en u en die Here sal my wreek op u, maar ek sal nie teen u wees nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Here sal oordeel tussen u en my, en die Here sal my op u wreek, maar my hand sal nie teen u wees nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek bid dat die Here sal sê wie het reg gedoen, ek of jy. Ek bid ook dat Hy jou sal straf oor wat jy aan my doen, maar ek self sal niks doen teen jou nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here sal besluit wie van ons twee is reg, en die Here sal dalk op u wraak neem oor my, maar ék sal nooit my hand teen u oplig nie. |