1 Samuel 24:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die HERE oordeel tussen my en jou, en die HERE sal my aan jou wreek; maar my hand sal nie op jou wees nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Kyk, Pa, wat het ek in my hand. Dis ’n stuk van u mantel! Ek het dit afgesny, maar ek het u nie doodgemaak nie. Dit bewys dat ek nie ’n kwaaddoener of ’n opstandeling is nie. Ek het nie teen u gesondig nie. Tog agtervolg u my om my dood te maak.
Afrikaans 1933/1953 En kyk, my vader, ja, kyk die slip van u mantel in my hand! Want toe ek die slip van u mantel afgesny het, het ek u nie gedood nie. Erken en sien dat daar by my geen kwaad of oortreding is en ek nie teen u gesondig het nie, alhoewel u op my lewe loer om dit weg te neem.
Afrikaans 1983 My vader, kyk tog, kyk na die punt van u mantel in my hand. Deurdat ek die punt van u mantel afgesny het, maar u nie doodgemaak het nie, kan u weet en sien dat daar geen kwaadwilligheid of opstandigheid by my is nie. Ek het nie teen u in opstand gekom nie, selfs al agtervolg u my om my lewe te neem.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En, my vader, kyk, ja, kyk hier, die soom van u mantel is in my hand. Want toe ek die soom van u mantel afgesny het, het ek u nie om die lewe gebring nie. Besef dan en sien in dat ek nie kwaad en opstand in die oog het nie. Ek het nie teen u gesondig nie, maar u maak jag op my om my lewe te neem.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “My vader, kyk hier, hier is die punt van jou bo-kleed in my hand. Ja, ek het die punt van jou bo-kleed afgesny, maar ek het jou nie doodgemaak nie. Jy kan sien ek is nie jou vyand nie, en jy moet dit weet, maar jy jaag my om my dood te maak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Kyk hier, my vader, hier het ek ’n stuk van u mantel. Ek het dit afgesny sonder om u dood te maak! Dis tog die bewys dat ek nie teen u in opstand is of iets slegs beplan of u te na wil kom nie, al probeer u om my dood te maak.