1 Samuel 23:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe Abjatar, die seun van Ahímeleg, na Dawid na Kehíla vlug, het hy afgekom met 'n skouerkleed in sy hand.
Afrikaans (NLV) 2011 Die priester Abjatar seun van Agimelek wat na Dawid toe gevlug het, het die skouerkleed saamgebring na Keïla toe.
Afrikaans 1933/1953 ***
Afrikaans 1983 Toe Abjatar seun van Agimelek na Dawid toe in Keïla gevlug het, het hy die skouerkleed saamgevat.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe Abjatar, seun van Agimeleg, na Dawid in Keïla gevlug het, het hy afgegaan met 'n efod by hom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Abjatar seun van Agimelek het die skouer-kleed saam met hom gebring toe hy gevlug het na Dawid toe in Keïla.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) [6-9] Saul het gehoor Dawid het na Keïla toe gegaan. Hy het gedink: “God het hom om die bos gelei en hy is nou in my mag. Hy is vasgekeer in ’n dorp met deure en sluitbalke.” Saul het toe al die burgers opgeroep vir oorlog. Hulle moes na Keïla toe gaan en Dawid en sy manne in die dorp vaskeer. Toe Dawid hoor wat Saul se plan met hom is, het hy vir priester Abjatar gesê: “Bring die priestersak waarmee jy uitvind wat die Here sê.” (Abjatar, Agimelek se seun, het die priestersak saamgevat toe hy na Dawid toe gevlug het in Keïla.)