1 Samuel 23:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dawid en sy manne het toe na Kehíla gegaan en teen die Filistyne geveg en hulle vee weggebring en hulle met 'n groot slagting verslaan. So het Dawid die inwoners van Kehíla gered.
Afrikaans (NLV) 2011 Dawid en sy manskappe het toe na Keïla toe gegaan. Hulle het die Filistyne verslaan, al hulle vee buitgeneem en die inwoners van Keïla bevry.
Afrikaans 1933/1953 Daarom het Dawid met sy manne na Keh¡la getrek en teen die Filistyne geveg en hulle vee weggedrywe en 'n groot slag onder hulle geslaan. So het Dawid dan die inwoners van Keh¡la verlos.
Afrikaans 1983 Dawid en sy manne het toe opgetrek na Keïla toe en teen die Filistyne oorlog gemaak. Hy het hulle vee as buit saamgevat nadat hy hulle in 'n groot veldslag verslaan het. So het Dawid die inwoners van Keïla bevry.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dawid en sy manne het toe na Keïla gegaan en teen die Filistyne geveg. Hy het hulle vee weggedryf en 'n groot slagting onder hulle aangerig. So het Dawid die inwoners van Keïla bevry.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dawid en sy manne het na Keïla gegaan. Hulle het oorlog gemaak teen die Filistyne en hulle het die Filistyne se beeste en skape en bokke gevat. Hulle het hard geveg en hulle het die Filistyne oorwin. So het Dawid die mense van Keïla gered.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dawid en sy manne is toe na Keïla toe. Hulle het teen die Filistyne geveg, hulle vee afgeneem en baie van hulle doodgemaak. So het Dawid die mense van Keïla gered.