1 Samuel 23:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dawid het toe weer die HERE geraadpleeg. En die HERE het hom geantwoord en gesê: Staan op, trek af na Kehíla; want Ek sal die Filistyne in jou hand gee. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dawid vra toe weer vir die Here, en die Here het herhaal: “Gaan na Keïla toe, want Ek sal jou help om die Filistyne te verslaan.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe raadpleeg Dawid die HERE nog weer, en die HERE het hom geantwoord en gesê: Maak klaar, trek af na Keh¡la, want Ek gee die Filistyne in jou hand. |
| Afrikaans 1983 | Dawid het weer die Here geraadpleeg, en die Here het geantwoord: “Maak klaar, trek op na Keïla toe, want Ek lewer die Filistyne aan jou oor.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dawid het weer die Here geraadpeeg, en die Here het hom geantwoord en gesê: “Maak gereed, gaan af na Keïla, want Ek gaan die Filistyne in jou hand gee.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dawid het weer vir die Here gevra wat hy moet doen, en die Here het geantwoord en gesê: “Jy moet gereedmaak en na Keïla gaan, want Ek sal jou laat wen teen die Filistyne.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dawid het toe weer deur die priester die Here se raad gaan vra. Die Here het hom geantwoord: “Maak klaar en gaan af na Keïla toe, want Ek gaan die Filistyne aan jou oorgee.” |