1 Samuel 23:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê die manne van Dawid vir hom: Kyk, ons is bevrees hier in Juda; hoeveel te meer as ons in Kehíla kom teen die leërs van die Filistyne?
Afrikaans (NLV) 2011 Sy manskappe sê egter vir hom: “Wag ’n bietjie! Selfs hier in Juda voel ons onveilig. Moet ons dan nou na Keïla toe gaan en die hele Filistynse mag daar teen ons kry?”
Afrikaans 1933/1953 Maar die manne van Dawid sê vir hom: Kyk, hier in Juda is ons al bevrees, hoeveel te meer dan as ons na Keh¡la trek teen die slagordes van die Filistyne?
Afrikaans 1983 Maar die manne van Dawid sê: “O nee, ons verkeer hier in Juda alreeds in gevaar, hoeveel te meer as ons na die skanse van die Filistyne toe gaan by Keïla?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar die manne van Dawid het vir hom gesê: “Kyk, hier in Juda leef ons reeds in vrees – hoeveel te meer as ons na Keïla toe gaan, na die gevegslinies van die Filistyne?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dawid se manne het vir hom gesê: “Ons is bang hier in Juda, maar ons sal nog baie banger wees as ons na Keïla moet gaan om die Filistyne aan te val.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar die manne van Dawid het vir hom gesê: “Ag nee, man! Ons het al genoeg moeilikheid hier in Juda, wat nog as ons Keïla toe gaan en die soldate van die Filistyne gaan aanval!”